top of page
Oor die Resep

Bestanddele
Hoender Bros Vel
3-4 hoenderborsies
1 teelepel sout
1 teelepel peper
4 eetlepels mielieblom
Sonneblomolie (ek gebruik ongeveer 1 koppie tot 3 koppies, afhangende van die hoeveelheid hoender wat ek moet braai)
Soet en klewerige sous
1/2 koppie heuning
1 eetlepel gemmer
2 eetlepels knoffel
1/4 koppie sojasous
Voorbereiding
Stap 1
Sny jou hoender in blokkies en strooi jou sout, peper, en maizena oor en meng mooi
Stap 2
Braai jou hoender in sonneblom olie tot goud bruin laagie vorm
Stap 3
Laat jou hoender afkoel tot kamertemperatuur
Stap 4
In 'n pan meng jou heuning, soja sous, gemmer, knoffel bymekaar en braai vir 2 min. Voeg jou hoender by en laat dit kook tot die sous 'n laagie vorm om die hoender.
bottom of page